rosigemaryn

Suburbia

MET EISH!

As iets vir jou volksvreemd is, kan dit nogal lastig raak. Vat nou maar ons Malawiese tuinman. Van sneeu weet die man so min soos ‘n kat van safraan.

Rosigemaryn het rede om te vermoed dat sneeu nou nie juis groot in Malwië is nie. Laas toe dit hier gesneeu het in 2007, was hy in Malawië om familie te besoek. Toe daar vanoggend so regte poeiersneeu op Casa Rosigemaryn begin neerdaal het Tuinman die gebeure met verwondering aangestaar.

Nou Tuinman is ‘n goeie tuinier, betroubaar en neem sy plig om die tuin netjies te hou baie ernstig op. Die sneeu op die grasperk het om egter heel onkant gevang.

Toe dit ophou sneeu, bekyk hy die wit grasperk lank en intens en mompel toe:” Eish, there is a lot of work to do today.”

Toe ek ‘n rukkie later deur die venster loer sien ek Tuinman gewapen met tuinbesem, graaf en swart asbliksakke, hard besig om die sneeu bymekaar te vee en dan netjies in ‘n sak te verpak.

Eish, say no more!

Single Post Navigation

5 thoughts on “MET EISH!

  1. Jeanne on said:

    O jinne dis snaaks. Die trane rol soos ek en Modi se sekretaresse nou lag vir hierdie eskapades!!!!

  2. Mooi so, goeie en getroue dienskneg!

  3. Mooi so, goeie en getroue slaaf…

Lewer kommentaar